|
Word deel van die Solidariteit Groeifonds!
In 1916 is die Helpmekaarbeweging gestig wat 'n historiese daad van hoop vir Afrikaners was. Die Solidariteit Groeifonds is die simbool van hoop vir die toekoms. Gewone werkende Afrikaanse mense en lede van Solidariteit het reeds genoeg geld ingesamel om R100 miljoen se projekte, deur die nuwe Solidariteit Groeifonds, te finansier. Dit sluit 'n Afrikaanse opleidingskollege, die grootste Afrikaanse korrespondensiekollege in Suid-Afrika, mediese sorg, aftreebeplanning, 'n multimiljoen rand beursfonds en nog meer in. Solidariteit draai nou na die Afrikaanse gemeenskap en vra: help ons om op groot skaal hoop vir ons en ons kinders te skep.
Die omvang van die sukses van die Solidariteit Groeifonds sal bepaal word deur die aantal persone wat by die Groeifonds aansluit. Enige bydrae kan ‘n verskil maak. Daar is drie maniere waarop jy ‘n bydrae kan maak.
|
|
|